Top 20 vir die week: 30 Julie 2018

In vandeesweek se Top 20 lys het van die sangers so paar plekke gespring of afwaarsts gegaan op ons lys. Daar was 4 snitte wat die week gestyg het en 12 wat afwaarts gesak het en een nuwe toetrede. Maar wie weet hoe die Top 20 volgende week gaan lyk.

Die man met die sterk stem, Jo Black, is vandeesweek in die nommer 1 posisie met sy treffer “Een klein klippie”

Die stoutseun van Afrikaans, Snotkop, was weer die afgelope week die topverkoper onder die Afrikaanse albums in die kettingwinkels. Daai “Sous” liedjie maak omtrent opslae.

Die langverwagte treffer van Tarryn Lamb “Mal oor jou” is hier. Sy kom in op ons Top 20 in die 9de posisie. Loer gerus hier onder na haar musiekvideo oor die liedjie, en natuurlik is daar nog ‘n verrassing, ‘n bonus musiekvideo van haar.

Leon Gropp met sy treffer “Bakenlig” is sy plek kwyt op ons Top 20, maar Joe Foster vat daai 20ste plekkie in met sy nuwe treffer – “Volgende stap”.

Kom ons spring weg en kyk na die stand van sake op ons Top 20 lys vir die week wat voorlê:-

1. Jo Black – “Een klein klippie”
2. Dirk van der Westhuizen – “Sexy vir my”
3. Jan Blohm – “Word wakker”
4. Appel – “Jagter”
5. Fatman – “Dorp toe”
6. Karen Zoid & Jannie du Toit – “Liedjie vir jou”
7. Brendan Peyper – “Klim jou Everest”
8. Jay – “Lê ‘n bietjie langer”
9. Tarryn Lamb – “Mal oor jou”
10. Elandré – “Honderd duisend maal”
11. Snotkop – “Souserig”
12. Appel – “Boer loop deur my are”
13. Willem Botha – “Enigste man op aarde”
14. Wynand Strydom – “Gebed”
15. Juanita du Plessis – “Dankie vir jou liefde”
16. Jo Black – “Die vrou wat ek liefhet”
17. Elandré – “Die lyn”
18. Almero – “Monochromie”
19. Karen Zoid – “Hoe ek voel”

En daar het julle die Top 20 van ons kant af. En soos gewoonte gee ek vir jou die gewilde musiek videos/klankgreep sommer net hier vir jou om na te kyk en na te luister. Indien jy ‘n Sanger ingedagte het wat jy dink moet op die Top 20 kom, kontak ons gerus (loer op die webtuiste vir die kontak besonderhede). Ons by SAUK Radio wil graag vir Maroela Media bedank vir hulle bydrae tot die inligting in ons berig.

Hier is jou nommer 1 – Jo Black – “Een klein klippie”

Hier is jou nommer 2 – Dirk van der Westhuizen – “Sexy vir my”

Hier is jou nommer 3 – Jan Blohm – “Word wakker”

Hier is jou bonus musiekvideo’s of klankgreepe, hoop julle geniet dit:-

Tarryn Lamb – Mal Oor Jou

Sielsgebed

https://www.youtube.com/watch?v=84JwKvJIP4Y

Tarryn Lamb – Vier Woorde

Hoop julle het die musiek geniet wat ek saamgestel het vir julle vir die week. Onthou ons ontmoeting vir volgende week … dieselfde tyd en op dieselfde plek.

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment