Top 20 vir die week: 23 Julie 2018

Vandeesweek op ons Top 20 lys het van die sangers so paar plekke gespring of afwaarsts gegaan op ons lys. Daar was 6 snitte wat die week gestyg het en 11 wat afwaarts gesak het. Maar wie weet hoe die Top 20 volgende week gaan lyk.

Snotkop het ook die week sy verskyning gemaak op ons Top 20 met sy stoute liedjie “Souserig”, daardie liedjie is in op nommer 19. Ek moet sê, sy nuuste album Sous vaar tans baie goed by die musiekkettingwinkels en oortref die aanlyn verkope. Loer gerus hier onder na die musiekvideo.

Die deo Bok van Blerk & Robbie Wessels met hulle treffer “Die sluise van die hemel” is hulle plek kwyt op ons Top 20 hierdie week.

Kom ons spring weg en kyk na die stand van sake op ons Top 20 lys vir die week wat voorlê:-

1. Jan Blohm – “Word wakker”
2. Dirk van der Westhuizen – “Sexy vir my”
3. Jay – “Lê ‘n bietjie langer”
4. Appel – “Jagter”
5. Tarryn Lamb – “Mal oor jou”
6. Jo Black – “Een klein klippie”
7. Brendan Peyper – “Klim jou Everest”
8. Appel – “Boer loop deur my are”
9. Elandré – “Honderd duisend maal”
10. Fatman – “Dorp toe”
11. Karen Zoid & Jannie du Toit – “Liedjie vir jou”
12. Willem Botha – “Enigste man op aarde”
13. Juanita du Plessis – “Dankie vir jou liefde”
14. Jo Black – “Die vrou wat ek liefhet”
15. Wynand Strydom – “Gebed”
16. Elandré – “Die lyn”
17. Almero – “Monochromie”
18. Karen Zoid – “Hoe ek voel”
19. Snotkop – “Souserig”
20. Leon Gropp – “Bakenlig”

En daar het julle die Top 20 van ons kant af. En soos gewoonte gee ek vir jou die gewilde musiek videos/klankgreep sommer net hier vir jou om na te kyk en na te luister. Indien jy ‘n Sanger ingedagte het wat jy dink moet op die Top 20 kom, kontak ons gerus (loer op die webtuiste vir die kontak besonderhede). Ons by SAUK Radio wil graag vir Maroela Media bedank vir hulle bydrae tot die inligting in ons berig.

Hier is jou nommer 1 – Jan Blohm – “Word wakker”

Hier is jou nommer 2 – Dirk van der Westhuizen – “Sexy vir my”

Hier is jou nommer 3 – Jay – “Lê ‘n bietjie langer”

Hier is jou bonus musiekvideo’s of klankgreepe, hoop julle geniet dit:-

Snotkop – Souserig

Gerhard Steyn – Afrikaanse Meisies

Robbie Wessels – Macarena Mambo

Hoop julle het die musiek geniet wat ek saamgestel het vir julle vir die week. Onthou ons ontmoeting vir volgende week … dieselfde tyd en op dieselfde plek.

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment